|
Elke plek het 'n gister, 'n vandag en 'n môre
Papa's is gister, vandag en môre!
Papa's is 'n proses: 'n plek wat was, is en word.
Papa's is deurmekaar:
'n ongeordende gestruktureerdheid van stylvolle kitch –
'n droom (vir sommige 'n nagmerrie) wat waar geword het.
Dis hier by Papa's waar naiewe kreatiwiteit,
waagmoed en speelsheid 'n plek vind.
'n Plek wat toor met mense se sintuie
en net opgesom kan word as “ongewoon”.
Ervaar Papa's vandag, beleef iets van gister,
want môre – môre is dit waarskynlik anders!
beleef en proe die verskil tussen Gewoon en Buitengewoon
Papa's Real Food in die unieke Duncan Yard, Pretoria, spog met ‘n wonderlike Piazza-area onder bome, 'n gesellige kaggelvuur in die formele restaurant en 'n nuwe kroeg. Die omvattende spyskaart, uitgebreide wynlys en profesionele diens beloof 'n onvergeetlike ervaring met elke kuier. Papa's spesialiseer ook in korporatiewe funksies, troues, onthale en verjaarsdae. Papa’s Real Food trading hours:
Monday: 11h00-close
No breakfast
Tuesday-Saturday: 08h00-close
Breakfast 08h00-11h00. Lunch from 11h00 onwards
Sunday: 11h00-15h00
No breakfast. Drinks until 16h00.
|
|
Papa's Real Food - About Us
Written by Administrator
|

